Smulmaatjies

Klein handjies, groot pret

Prettige kookklasse vir 4–5 jariges

Speel • Leer • Smul

Bespreek jou plekkie

Oor Smulmaatjies

Smulmaatjies stel jong kinders bekend aan die wêreld van kos op 'n speelse, veilige en opvoedkundige manier.

Fyn motoriese ontwikkeling

Luistervaardighede en die volg van instruksies

Selfvertroue

Basiese kennis van kos en gesonde keuses

Taal & telvaardighede

Aktiwiteite

Eenvoudige sny, roer en smeer

Herkenning van verskillende kossoorte

Spanwerk

Opruim as deel van leer

Aanleer van waardevolle opvoedkundige begrippe

Veiligheid

Jou kind se veiligheid is ons eerste prioriteit.

Geen oop vure nie

Gebruik van kinder-veilige toerusting

Volwasse toesig te alle tye

Allergie-inligting word vooraf verkry

Kostes & Klasse

R1 080 per kwartaal

9 lesse ingesluit


  • R250 eenmalige registrasiefooi (jaarliks)
  • Betalingsopsies beskikbaar
  • Klein klasse — slegs 6 maatjies
  • Ouderdomsgroep: 4–5 jariges
  • Ligging: Uitsig Kleuterskool
Bespreek jou plekkie

Slegs 6 plekke per klas

Oor die Onderwyseres

Cheron Aspeling — die onderwyseres van Smulmaatjies

🍓 Cheron is 'n gekwalifiseerde laerskooljuffrou met 'n groot liefde vir kinders, kreatiwiteit en kos.

Voor die koms van haar eie kinders het sy haar eie koekbesigheid bestuur waar sy haar passie vir bak en skep kon uitleef. Hierdie ervaring het haar nie net waardevolle vaardighede in die kombuis geleer nie, maar ook gewys hoe kos mense bymekaar bring en vreugde skep.

Vandag kombineer sy haar liefde vir onderrig en kos deur Smulmaatjies. Haar hart is om jong kinders te help leer en ontdek – nie net hoe om kos te maak nie, maar ook om selfvertroue, onafhanklikheid en belangrike lewensvaardighede in en om die kombuis te ontwikkel.

By Smulmaatjies glo Cheron dat leer pret moet wees, hande-vuil moet wees, en klein oomblikke gevul moet wees met baie trots en genot. 🧁